Beheer Liggaam

Sonder 'n goeie Beheerliggaam kan geen Skool funksioneer nie. Henties se beheerliggaam is seker 'n uitsondering op die reel. Hulle doen die werk beter as goed. Elke persoon op die beheerliggaam doen die werk met ywer en sit nog so bietjie by. Die skool is in 'n goeie toestand en met eerste oogopslag kan gesien word dat alles netjies is.


Fotos van die beheerliggaam

 

Busse

Twee busroetes word deur die beheerliggaam bedryf.

Ongelukkig het Hentie Cilliers al verskye probleme opgetel met gedragsprobleme, vandalisme en wanbetalings deur die leerders wat van die busse gebruik maak. Dus sal geen leerder toegelaat word om op die bus te ry as hy / sy nie die volle bedrag betaal het nie. Kaartjies word gegee aan die eerste leerders wat die volle bedrag betaal. Die leerders moet elke dag hul busrykaartjies by hul hê, anders sal hul van die bus afgesit word.