ATKV

Henties ATKV-jeugtak het gedurende die jaar verskeie fondsinsamelings en projekte aangepak.

Die tak hou 'n fliekaand en nooi die graad 7-leerders van die twee Afrikaanse laerskole in Virginia. Daar word 'koppie-koekies' (cupcakes), sop en brood en worsbroodjies verkoop as 'n fondsinsameling. Die tak beman die waterpunte by Henties se 'fun-run'. Daar word broodrolletjies aan 'n 'sop-kombuis' in ons gemeenskap, geskenk.

Ons dek 'n paar graad 11's se kostes vir die ATKV Jeugberaad. Een van ons lede (Esmarelda du Plessis) gaan verteenwoordig ons tak by die Algemene Jaarvergadering wat by Klein Kariba gehou is.

Die Roete van Roem groei die jaar met Leandie du Randt se hande en foto wat bygevoeg word. Met Vrouedag vereer ons twee vroue in ons gemeenskap met gebedskussings. Hierdie twee mammas het eiehandig hulle kinders versorg. Die een ma se seun is na 'n aanval gestrem gelaat en die ander ma se dogter het kanker.